| Title: | BAKGAT 3 |
| Artist/Stars: | Ivan Botha Cherie van der Merwe-Coetzee |
| Contents: | Ons gunsteling rugbyheld, Wimpie Koekemoer, en sy maltrap-vriende is terug op ons skerms vir die finale deel van die Bakgat!-trilogie.
Die nuut verloofde paartjie, Wimpie en Katrien, trek met sterre in hulle oë Engeland toe nadat ’n Britse klub vir Wimpie ’n rugby kontrak aangebied het, maar fame en riches val nie so maklik in mens se skoot nie. Hulle woonstel is alles behalwe ’n mansion en sy Engelse spanmaats maak van dag een af sy lewe moeilik. Wimpie se ou aartsvyand, Werner ‘Killer’ Botha, speel saam met hom in dié span. Hulle beraam vinnig ’n plan teen die Engelse boelies en besluit om ’n nuwe, trots Suid-Afrikaanse rugbyspan te begin sodat ulle die liga prysgeld kan wen. Met moeite kry hulle uiteindelik ’n span bymekaar, maar dis nie juis die tipe spelers waarmee ’n mens ligas wen nie. Die spanmaats baklei en stry konstant. Dinge begin effens beter lyk wanneer Wimpie se hoërskool vriend, Japie, en dié se makkers, Borrie en Barry, wat hy in die rehabilitasie sentrum leer ken het, by die span aansluit. Terwyl Katrien die troue van die jaar beplan, vaar Wimpie en sy span al hoe beter in die liga. Gaan hulle dit maak tot by die finaal en staan hulle regtig ’n kans om die prysgeld te wen? Wimpie kom voor ’n moeilike keuse te staan en hy wil nie sy span in die steek laat nie, maar hy wil ook nie sy toekoms met Katrien in die hek ry nie. Studio: The Film Factory |
| Country: | South Africa |
| Region Code: |
Region 2 / PAL
Please make sure you are able to view this region DVD before purchase – we are unable to offer a refund if the incorrect Region DVD is purchased. ![]() |
| New/Used: | New |


There are no reviews yet.