Artist: | JOE FOSTER |
Title: | Hartklank (Spesiale Uitgawe) |
Track Listing: | Die splinternuwe Spesiale Uitgawe van Joe Foster se HARTKLANK album bevat drie nuwe snitte asook die radio weergawe van sy enkelsnit “In die Reen Vir Jou”.
“Sonder” is ’n bekende lied uit die pen van Joe Foster vanuit sy ADAM dae. Hierdie lied kry ’n ordentelike oormaak sessie en spog nou met ’n vars verwerking deur Joe Foster met Paulo Azevado en Arnold Coleske saam met hom in die ateljee om finale mens te hanteer. Die werwerking wys waarom Joe Foster ’n Ghoema vir pop verdien het. “Hoe Moes Ek Weet” is die duet wat Joe Foster saam met Johan C Venter geskryf en opgeneem het. Hy is ook op die album te hoor. Hierdie lied het reeds 50 000 kyke op Youtube sedert hy vrygestel is, ’n moet hoor muli-harmoniese skrywers-diamant uit die pen van die twee Ghoema wenners, spesifiek vir hulle skryfwerk. Hulle stemme gaan boonop saam soos botter en konfyt op ’n sny plaas brood. Een van Joe Foster se snitte wat groot aftrek ontvang gedurende sy lewendige vertonings is ’n akoestiese verwerking van sy lied “Hoendervleis” – Joe Foster haal hier weer ’n haas uit die hoed met nog ’n produksie wat hy self behartig het, met ’n verwerking van “Hoendervleis” wat jou in vervoering sal laat! Hierdie vier nuwe snitte waarvan drie net op hierdie spesiale utigawe verkry kan word, maak hierdie album nie net nou nog meer die moeite werd om aan te skaf maar wys soveel meer van Joe Foster se persoonlikheid dat selfs al het jy reeds die HARTKLANK album is hierdie spesiale uitgawe ’n moet vir jou versameling. Mona Lisa |
Country: | South Africa |
Catalogue Number: | CDJUKE154 |
New/Used: | New |
There are no reviews yet.