ROMEO VAN TONDER:
Wimpie word gekies om ‘Romeo’ in ‘Romeo en Juliet’ te speel. Sonja is vies omdat Annatjie Gous die rol van ‘Juliet’ gekry het. Hendrik neem die kinders om te gaan swem en duik skoon uit sy swembroek. Ouboet vertel Hendrik van die groot gemors by die Klerksdorp inry en sy broederlike raad aan Wimpie is om nie te ‘jol’ nie – dit veroorsaak net hartseer.
JOU SESTER HESTER:
Ouboet en Yollie kry ‘n spoedkaartjie en Oom Hans gaan saam met Ouboet hof toe om die boete te help verminder. Hess kom kuier. Maggie en Hendrik is egter nie ingenome met haar nuwe kêrel nie. Sonja se ma reken Wimpie is te ‘laag’ vir haar dogter want sy pa is net ‘n myner.BOEPENS VAN DIE VAAL:
Hendrik en Oom Hans gaan vang vis by die plesieroord. Die brandweer hou hul jaarlikse partytjie daar en Oom Hans en Hendrik word bygesleep. Hendrik word bekroon as Mnr ‘Boepens van die Vaal’. Ouboet neem aan ‘n ‘rally’ deel met ‘n kar wat soos ‘n vetkoek lyk en verdwaal hopeloos.
TOEKENNINGS EN TROFEES:
Dit is tyd vir die Myn se jaarlikse prysuitdeling maar Spike se vrou weier om saam met hom te gaan. Hendrik oortuig vir Spike om vir Liz, die nuwe vakleerling, saam te nooi. Maggie kry vir haar drie nuwe rokke waarvan Hendrik een moet kies maar uiteindelik al drie moet koop. Hendrik wen ‘n trofee en dit is die hoogtepunt van die aand.
DIE ENTREPENEUR:
Wimpie wil by Hendrik geld leen vir ‘n nuwe ‘Ghetto-Blaster’. Ongelukkig groei geld nie op Hendrik se rug nie en moet Wimpie vir hom ‘n werk kry. Maggie is oortuig dat Yolanda weer verwag en neem haar hospitaal toe. Riekie en haar maatjie, Alexis, trek vir Neelsie soos ‘n pop aan en klim ook lustig in Maggie se grimering in. Oom Hans verloor nie net sy waardigheid nie, maar ook al sy klere in ‘n pokerspel met Rusty en die weduwees.
HANDIGE HENDRIK:
Hendrikkie word siek van hondekos wat hy inkry en Ouboet en Yollie oorreageer. Wimpie maak vir Sonja en Annatjie Gous verjaardagkaartjies maar hy is nie goed met adresse nie en dinge loop skeef. Wanneer Hendrik self ‘n dakwaaier probeer insit spat die vonke. Boonop prober Spike hom dit nadoen met rampspoedige gevolge. Maggie vergeet haar handsak in die supermark maar kry dit op verrassende wyse terug.
KOERT SE LIZ:
Ouboet is besig om vir klein Hendrikkie ‘n ‘go-cart’ te bou. Oom Hans se dogter bel hom om vir hom te sê dat hy nou maar kan terug treken almal is baie hartseer om van hom afskeid te neem, veral Riekie. Spike se vrou wil saam met ‘n paar ander in die dorp se hotel gaan ‘belly-dance’ en hy klop by Hendrik en Maggie om hulp aan. Wimpie reel intussen vir Koert ‘n afspraak met Liz Koekemoer en die vier van hulle gaan na ‘n maskerbal. Wanneer hulle Maggie se motor wil dokter gaan hulle te ver……
Running Time approx: 175 mins |
There are no reviews yet.