| Title: | TWEE GRADE VAN MOORD |
| Artist/Stars: | Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Shaleen Surtie-Richards |
| Contents: | Twee vroue en twee moorde. Die een is manslag wat ’n weerspieëling is van die uiterste vorm van selfgesentreerdheid; die ander een is die onselfsugtigste handeling van alle handelinge. Aleksa Cloete, ’n bekende Kaapstadse sielkundige, en haar pasiënt, Tanya Basson, gaan uitvind wat die verskil tussen die twee is – ongeag wat die wet daaroor sê.
Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), ’n bekende Kaapstadse sielkundige, het ’n blitsverkoper met die naam Love Doesn’t Hurt, geskryf, maar ten spyte van ’n lang en gelukkige huwelik met ’n toegewyde eggenoot, Ben (gespeel deur Marius Weyers), is haar begrip van die liefde volkome intellektueel. Hulle enigste kind, Christiaan (gespeel deur Roelof Storm) moes tydens sy grootword jare staatmaak op sy “tweede ma”, die gesin se getroue huishoudster Fy Abrahams (gespeel deur Shaleen Surtie-Richards) vir enige broodnodige versorging of vertroeteling. As gevolg hiervan tree Christiaan soms openlik antagonisties teenoor Aleksa op. Ten spyte van Aleksa se persoonlike tekortkominge word ’n werklikheidstyl-dokumentêre rolprent gemaak oor haar deurbraak terapeutiese werk met vroue wat pyn met liefde verwar – en een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronjé), het ingestem dat haar lewe as ’n gevallestudie in die dokumentêre prent gebruik word. Tanya is in ’n verhouding met ’n would-be gospel-musiekster, ’n huigelaar wat sy “wedergeboorte”-status gebruik om sy gedrag teenoor haar, gedrag wat aan mishandeling grens, te regverdig. Een Vrydagaand, nadat Ben en Aleksa ’n heerlike aand saam deurgebring het, kry Ben onverwags ’n hartaanval. Hoewel hy dit oorleef , is die gevolge daarvan vir hom erger as die dood omdat hy van sy nek af ondertoe verlam is. Language: Afrikaans |
| Country: | South Africa |
| Region Code: |
Region 2 / PAL
Please make sure you are able to view this region DVD before purchase – we are unable to offer a refund if the incorrect Region DVD is purchased. ![]() |
| New/Used: | New |


There are no reviews yet.